5
Berging
• Die bord moet behoorlik skoongemaak word nadat dit
gebruik is. Om dit te doen, gebruik 'n oplossing van
sagte seep en skoon water. Maak seker dat alle sand,
klippies, olie en vuiligheid verwyder word.
• Plaas die bord in die skaduwee en laat dit droog word.
• Verwyder die dop van die opblaasklep.
• Druk die drukmegan-
isme op die opblaasklep
en gee dit 'n kwart draai
om die opblaasklep oop
te maak (lae posisie).
• Vou/rol die bord in die rigting van die opblaasklep om
alle lug te verwyder.
• Moenie die bord te styf vou/rol nie.
• Plaas die doppie terug op die opblaasklep.
• Bêre die bord in 'n koel, droë en goed geventileerde
plek.
L
et WeL
- Moet nooit die bord in direkte sonlig laat droogword
nie.
V
ersigtig
- Te stywe vou/rol kan die lugnate en die EVA-skuim
beskadig.
53
Next level leisure
6
Verleng die lewensduur
- Vermy oor- en onderdruk as gevolg van temperatuur-
skommelings; verseker konstante bedryfsdruk.
- Vermy die gebruik van 'n lugkompressor; gebruik 'n
geskikte pomp.
- Verhoed dat vuilheid of water deur die opblaasklep
binnedring.
- Vermy delaminering of vervorming as gevolg van
blootstelling aan direkte sonlig of hoë temperature.
- Voorkom skade deur die maksimum laai kapasiteit
(mense en/of vrag) te oorskry.
- Vermy langtermyn berging, want dit het 'n nadelige
uitwerking op die lugkamer se gom nate.
- Vermy dit om die bord op die grond te sleep, aang-
esien skerp dele nadelige kan wees.
- Maak die produk skoon na gebruik met 'n oplossing
van sagte seep en skoon water.
- Droog goed af na gebruik.
- Gaan die nate van die lugkamer gereeld na vir swak
plekke; herstel indien nodig.
- Gaan die opblaasklep gereeld na vir lekkasies; trek dit
vas indien nodig.
L
et WeL
- Om lug lekkasie te voorkom, draai die opblaasklep
van tyd tot tyd vas. Gebruik die gereedskap wat vir
hierdie doel voorsien is. Blaas die bord heeltemal af en
verwyder die doppie van die opblaasklep, gryp die in-
terne deel van die opblaasklep aan die onderkant van
die bord, steek die gereedskap in die opblaasklep en
draai kloksgewys totdat dit heeltemal vasgedraai is.
As die produk die einde van sy leeftyd bereik
het, kyk hoe dit op 'n verantwoordelike wyse
plaaslik ontslae van geraak kan word.
ZA